Tuesday, October 4, 2011

Dit is die maand Oktober

We were lucky; the weather turned from winter into beautiful warm spring on the very week we showed up. There is an old Afrikaans poem about October - apparently the poem itself is beautiful, but to be honest I just like to marvel at the Afrikaans vocab.

Rough translation of the first two lines: “It is the month October, the prettiest, prettiest month! Then the day is so bright, so green every evening.

Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober! Die varkblom is in bloei; oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei; die koppies, kort gelede nog as 'n klip so kaal, het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal; het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal.

Dit is die maand Oktober! Die akkerboom is groen; die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen; en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos, jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos, jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos.

Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier! Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag? Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag? Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?

Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei? Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry? Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand, met elke dag so helder, so pragtig elke aand! Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!

No comments:

Post a Comment